Psalms 45:7-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

7. God vestig u troon vir altyd.Opregtheid is die septerwaarmee u regeer.

8. U het geregtigheid lief, en haat die kwaad.Daarom het God, u God,u bo u tydgenote met vreugde-olie gesalf.

9. U klere is gegeur met mirre, aalwyn en kaneel.Uit paleise verfraai met ivoor,maak snaarinstrumente u bly.

10. Voor u is prinsessemet juwele versier;regs staan die koningin,met Ofirgoud versier.

11. Luister, o dogter, luister wat ek sê.Vergeet van jou menseen jou familie.

12. Jou skoonheid betower die koning;hy is jou heer, hom moet jy eer.

13. Die dogter van Tirus sal kom met geskenke,rykes sal kom om jou guns te wen.

14. Binne wag die bruid in prag getooi,geklee in ’n rok met goud versier.

15. Sy gaan na die koningin haar pragtige kleed.Haar vriendinne, almal jong meisies,begelei haar na u toe.

16. Met vreugde en gejuigword hulle begeleiwanneer hulle ingaanin die koning se paleis.

17. U seuns sal regeer in die plek van hulle voorvaders.U sal hulle heersers maakoor die hele wêreld.

18. Ek sal u naam bekendmaakdeur die geslagte heen.Daarom sal volke u vir altyd prys.

Psalms 45