Psalms 45:3-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

3. U is die aantreklikste van alle mense.Minsame woorde vloei uit u mond.Daarom het God u vir altyd geseën.

4. Magtige krygsman,maak u swaard aan u sy vas!Glansryk en koninklik is u!

5. Geklee in majesteit,trek tog uit na die oorwinning.Ter wille van waarheid,sagmoedigheid en reg,laat u regterhandskrikwekkende dade verrig!

6. U skerp pyle laat volke voor u val.Dit deurboor die hart van u vyand.

7. God vestig u troon vir altyd.Opregtheid is die septerwaarmee u regeer.

8. U het geregtigheid lief, en haat die kwaad.Daarom het God, u God,u bo u tydgenote met vreugde-olie gesalf.

Psalms 45