Psalms 44:8-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

8. Want U gee die oorwinningoor ons vyande;U bring vernederingoor dié wat ons haat.

9. O God, ons prys U die hele dagen loof u Naam voortdurend. Sela

10. Maar nou het U ons weggestoot in skande.U trek nie saam met ons leërsna die geveg toe nie.

11. U laat ons vlug voor ons vyande;dié wat ons haat,plunder na hartelus.

12. U lewer ons uit soos slagskape;U het onsonder die nasies verstrooi.

13. U volk het U verkoop vir niksen self het U nie daarby gebaat nie.

14. U het ons ’n veragting gemaakby die bure,’n bespotting en beskimping vir almal om ons.

15. U het ons ’n spotnaamonder die nasies gemaak,almal skud maar net die kop daaroor.

16. My skande is dag na dag voor my;oor my gesig is skaamte geskryf.

Psalms 44