Psalms 44:4-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

4. Hulle het nie die land met hulle swaarde verower,of die oorwinning deur eie krag behaal nie.Dit was deur u krag,deur u teenwoordigheiden u goedheid,omdat U hulle liefhet.

5. U is my Koning en my God.U bepaal oorwinnings vir Jakob.

6. Ons kan deur u krag ons vyande verslaanen ons aanvallers in u Naam vertrap.

7. Ek steun nie op my boogof op my swaard om my te red nie.

8. Want U gee die oorwinningoor ons vyande;U bring vernederingoor dié wat ons haat.

9. O God, ons prys U die hele dagen loof u Naam voortdurend. Sela

10. Maar nou het U ons weggestoot in skande.U trek nie saam met ons leërsna die geveg toe nie.

11. U laat ons vlug voor ons vyande;dié wat ons haat,plunder na hartelus.

12. U lewer ons uit soos slagskape;U het onsonder die nasies verstrooi.

Psalms 44