Psalms 44:2-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. Met ons eie ore het ons gehoor,o God,ons voorouers het ons vertelvan alles wat U voorheen gedoen hetin die dae lank gelede.

3. U selfhet die heidense nasies uitgedryf deur u mag en die land aan ons voorouers gegee.U het hulle vyande vernietig,en ons voorouers vrygemaak.

4. Hulle het nie die land met hulle swaarde verower,of die oorwinning deur eie krag behaal nie.Dit was deur u krag,deur u teenwoordigheiden u goedheid,omdat U hulle liefhet.

5. U is my Koning en my God.U bepaal oorwinnings vir Jakob.

6. Ons kan deur u krag ons vyande verslaanen ons aanvallers in u Naam vertrap.

Psalms 44