Psalms 44:11-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

11. U laat ons vlug voor ons vyande;dié wat ons haat,plunder na hartelus.

12. U lewer ons uit soos slagskape;U het onsonder die nasies verstrooi.

13. U volk het U verkoop vir niksen self het U nie daarby gebaat nie.

14. U het ons ’n veragting gemaakby die bure,’n bespotting en beskimping vir almal om ons.

15. U het ons ’n spotnaamonder die nasies gemaak,almal skud maar net die kop daaroor.

16. My skande is dag na dag voor my;oor my gesig is skaamte geskryf.

17. Al wat ek hoor,is die lasteraar en die kwaadspreker.Al wat ek sien,is die vyand en die wreker.

Psalms 44