Psalms 40:5-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

5. Geseënd is die menswat op die Here vertrou,wat hom nie wend na hooghartiges,of vertrou op vals gode nie.

6. Here my God,U het baie wonders gedoen.U planne vir onskan met niks vergelyk word nie.As ek van al u wonderdade wil vertel,is dit te veel om op te noem.

7. Slagoffers of graanofferswil U nie hê nie.U het my in staat gestel om te luister.Brandoffers of sonde-offershet U nie nodig nie.

8. Toe sê ek: “Kyk, ek kom!In die boekrol is dit oor my geskryf.

9. Dis my begeerte om u wil te doen,my God,want u voorskrifte is in my hart.”

10. Ek het in die groot vergaderinggeregtigheid verkondig.Ek was nie bang om reguit te praat nie.Here, U weet dit tog.

11. U geregtigheidhet ek nie vir myself gehou nie;ek het vertel van u trouen van u reddende mag.In die groot vergaderinghet ek nie geswygoor u goedheid en getrouheid nie.

12. Here, moenie u ontfermingvan my weghou nie.Laat u liefde en trou my altyd beskerm.

13. Want rampe het my oorval.Daar is moeilikhede rondom my,dis te veel om te tel!My sondes het my ingehaal;ek kan dit nie ontsnap nie.Hulle is meer as die hare op my kop.Ek het alle moed verloor.

Psalms 40