Psalms 39:8-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

8. Here, waarop kan ek dan hoop?U is my enigste hoop.

9. Red my van my oortredings.Moenie dat ek die spotvan dwase mense word nie.

10. Ek swyg voor U.Ek sal nie ’n woord sê nie,want U het dit gedoen.

11. Neem tog u beproewing weg van my!Ek is uitgeputweens die las wat U op my lê.

Psalms 39