Psalms 39:5-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

5. “Here, sê my togwanneer is my einde.Wat is die getal van my lewensdae?Laat my besefhoe lank my lewe nog sal wees!

6. Kyk, U het my lewe’n blote handbreedte lank gemaak.My lewensduuris byna niks in u oë nie.Al is hy hoe selfversekerd,die mens is verganklik.” Sela

7. Die mensis net ’n bewegende skaduwee.Al sy gejaagdheid is tevergeefs:Hy versamel rykdom, maar weet nie wie dit gaan gebruik nie.

8. Here, waarop kan ek dan hoop?U is my enigste hoop.

9. Red my van my oortredings.Moenie dat ek die spotvan dwase mense word nie.

10. Ek swyg voor U.Ek sal nie ’n woord sê nie,want U het dit gedoen.

11. Neem tog u beproewing weg van my!Ek is uitgeputweens die las wat U op my lê.

12. As U ’n mens straf oor sy sondes,verteer U dit wat hy begeer soos ’n mot.Daar is geen twyfel nie:Elke mens is waarlikverganklik. Sela

13. Luister tog na my gebed, Here!Luister na my geroep om hulp!Moenie my trane miskyk nie.Want ek is soos ’n vreemdeling by U,’n bywoner soos my voorouers.

14. Spaar my lewesodat ek weer kan glimlagvoordat ek doodgaanen nie meer bestaan nie.

Psalms 39