Psalms 39:3-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

3. Maar toe ek daar in stilte bly staanen nie oor goeie dinge kon praat nie,het my ontsteltenis groter geword.

4. Dit het in my begin kook.Terwyl ek nagedink het,het ek kwaad geword,en toe het ek begin praat:

5. “Here, sê my togwanneer is my einde.Wat is die getal van my lewensdae?Laat my besefhoe lank my lewe nog sal wees!

6. Kyk, U het my lewe’n blote handbreedte lank gemaak.My lewensduuris byna niks in u oë nie.Al is hy hoe selfversekerd,die mens is verganklik.” Sela

7. Die mensis net ’n bewegende skaduwee.Al sy gejaagdheid is tevergeefs:Hy versamel rykdom, maar weet nie wie dit gaan gebruik nie.

8. Here, waarop kan ek dan hoop?U is my enigste hoop.

9. Red my van my oortredings.Moenie dat ek die spotvan dwase mense word nie.

Psalms 39