Psalms 38:3-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

3. U pyle het my getref,u hand lê swaar op my.

4. As gevolg van u toornis my hele liggaam beseer;as gevolg van my sondeis elke been gebreek.

5. My oortredings het my oorweldigsoos ’n las wat vir my te swaar is.

6. My wonde sweer en stinkweens my eie dwaasheid.

7. Ek is krom en heeltemal geboë.Ek loop die hele dag en treur.

8. My liggaam brand van koors;daar is geen deel wat gesond is nie.

9. Ek is uitgeputen heeltemal platgeslaan.Ek kreun met ’n versugtinguit ’n gebroke hart.

10. U weet wat ek begeer, Here.U hoor elke versugting van my.

11. My hart klop onstuimig,my krag begeef my.Daarby kan ek ook nie meer sien nie.

12. My familie en vriende bly wegen is bang vir my siekte.Selfs my bure bly op ’n afstand.

13. Hulle wat my lewe soek,stel vir my ’n lokval;hulle wat my ondergang soek,maak planne om my te vernietig.Hulle dink die hele dagaan verraderlike planne.

Psalms 38