Psalms 38:13-19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

13. Hulle wat my lewe soek,stel vir my ’n lokval;hulle wat my ondergang soek,maak planne om my te vernietig.Hulle dink die hele dagaan verraderlike planne.

14. Maar ek hou my doofvir hulle dreigemente.Voor hulle bly ek stilsoos iemand wat stom is.

15. Ek is soos iemand wat doof isen wat niks het om te sê nie.

16. Maar ek hoop op U, Here.U sal antwoord, Here my God.

17. Ek vra U:“Moenie dat hulle bly wordoor my leed,of hulle oor my verhefas ek struikel nie.”

18. Ek is op die punt van ineenstorting,ek beleef voortdurende pyn.

19. Maar ek bely my sondes;ek is baie jammeroor wat ek gedoen het.

Psalms 38