Psalms 37:23-28 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

23. Die Here bepaal die rigting van ’n mensmet wie se lewe Hy tevrede is.

24. Al sou so een struikel,hy sal nie val nie,want die Here hou sy hand vas.

25. Ek was jonk, en nou is ek oud.Maar ’n regverdige mens wat verlate is,het ek nooit gesien nie,of dat sy kinders vir kosmoes bedel nie.

26. Hy leen altyd ruimskoots aan ander,en sy kinders is tot ’n seën.

27. Vermy die kwaaden doen wat goed is,dan sal jy vir altyd woon in die land.

28. Want die Here het die reg lief,en sal sy getroue dienaarsnie verlaat nie.Hy sal hulle vir altyd veilig bewaar,maar die goddelose se kinderssal vergaan.

Psalms 37