13. Maar die Here lag vir hom,want Hy sien sy dag van oordeelkom al nader.
14. Die goddelose trek die swaarden span die boogom die armes en behoeftigestot ’n val te bring,om hulle wat reg doen,dood te maak.
15. Maar hulle swaardsal hulle eie hart deurbooren hulle boogsal stukkend gebreek word.
16. Dit is beter om vroom te weesen min te besitas om boos te weesen baie besittings te hê.
17. Want die mag van die bosesal verpletter word,maar die Heresal die regverdiges beskerm.
18. Die Here ken die lewensdaevan die opregtes,en hulle erfdeelsal vir altyd bly bestaan.
19. In slegte tyesal hulle nie verleë wees nie;selfs in hongersnoodsal hulle genoeg hê.
20. Maar die goddelose sal vergaan.Die vyande van die Here sal wees soos mooi weiveldewat soos rook verdwyn.
21. Die goddelose leen en betaal nie terug nie,maar die regverdige gee vrygewig.
22. Hulle vir wie die Here seën,sal die land besit,maar hulle wat Hy vervloek,sal uitgeroei word.
23. Die Here bepaal die rigting van ’n mensmet wie se lewe Hy tevrede is.
24. Al sou so een struikel,hy sal nie val nie,want die Here hou sy hand vas.
25. Ek was jonk, en nou is ek oud.Maar ’n regverdige mens wat verlate is,het ek nooit gesien nie,of dat sy kinders vir kosmoes bedel nie.
26. Hy leen altyd ruimskoots aan ander,en sy kinders is tot ’n seën.
27. Vermy die kwaaden doen wat goed is,dan sal jy vir altyd woon in die land.
28. Want die Here het die reg lief,en sal sy getroue dienaarsnie verlaat nie.Hy sal hulle vir altyd veilig bewaar,maar die goddelose se kinderssal vergaan.