19. Moenie toelaatdat my verraderlike vyandeoor my lekkerkry,of dat hulle wat my sonder rede haat,hulle verlekker oor my leed nie.
20. Hulle praat nie oor vrede nie,maar bedink vals beskuldigingsteen onskuldige mense.
21. Hulle rek hulle monde oop teen myen sê: “Aha! Aha!Ons het dit met ons eie oë gesien!”
22. Here, U het alles gesien.Moenie stilbly nie!Here, moenie ver van my af wees nie.
23. Word wakker! Staan op!Kom tot my verdediging!Verdedig my saak,my God en my Here!
24. Gee uitspraak oor my in ooreenstemming met u regverdigheid,Here my God.Moenie dat hulleoor my lekkerkry nie.
25. Moenie dat hulle sê:“Dis net wat ons wou hê!” nie.Moenie dat hulle sê:“Ons het hom vernietig!” nie.