16. Toe ek gestruikel het,het hulle my gespot,teen my hulle tande gekners.
17. Hoe lank, Here,sal U net toekyk?Red my van hulle vernietiging,beskerm my van hulle wat my lewesoos leeus bedreig.
18. Dan sal ek U dankin die groot vergadering;ek sal U prysvoor die groot skare van mense.
19. Moenie toelaatdat my verraderlike vyandeoor my lekkerkry,of dat hulle wat my sonder rede haat,hulle verlekker oor my leed nie.
20. Hulle praat nie oor vrede nie,maar bedink vals beskuldigingsteen onskuldige mense.
21. Hulle rek hulle monde oop teen myen sê: “Aha! Aha!Ons het dit met ons eie oë gesien!”
22. Here, U het alles gesien.Moenie stilbly nie!Here, moenie ver van my af wees nie.