Psalms 35:10-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

10. My hele wese sal uitroep:“Here, wie is soos Uwat die hulpelose reduit die mag van die sterke,en die armes en behoeftigesvan dié wat roof?”

11. Kwaadwillige getuiesstaan teen my op.Hulle vra vir my dingewaarvan ek niks weet nie.

12. Die goeie wat ek doen,vergoed hulle met boosheidterwyl ek siek is van wanhoop.

13. Maar toe hulle siek was,het ek van droefheid rouklere gedra.Ek het myself verneder deur te vas,maar my gebede het teruggekomsonder ’n antwoord.

14. Soos ’n vriend of ’n broerhet ek opgetree,soos een wat treur oor sy moeder,geboë en in rou.

Psalms 35