Psalms 34:2-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. Ek sal te alle tye die Here loof.Sy lof sal altyd op my lippe wees.

3. Ek sal net in die Here roem.Die nederiges sal dit hooren bly wees.

4. Kom verheerlik die Heresaam met my;laat ons saam sy Naam prys.

5. Ek het tot die Here gebiden Hy het my geantwoord,Hy het my bevry van alleswaarvoor ek bang is.

6. Hulle wat opsien na Hom,sal straal van vreugde;op hulle gesigteis daar geen skaamte nie.

7. Hierdie ellendige mens het geroep,en die Here het gehoor.Hy het hom uit al sy benoudheid gered.

8. Want die Engel van die Herehou wag oor almal wat Hom dien,en Hy red hulle.

9. Beproef en sien dat die Here goed is.Geseënd is die persoonwat op Hom vertrou!

Psalms 34