Psalms 34:14-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

14. Hy moet sy tong weerhou van kwaaden sy lippe om leuens te vertel.

15. Vermy die kwaaden doen wat goed is.Soek vrede en streef dit na.

16. Die Here waakoor hulle wat reg doen;Hy luister na die geroep om hulp.

17. Maar die Here tree opteen hulle wat kwaad doenen verwyder die herinneringaan hulle op die aarde.

18. Wanneer mense roep om hulp,hoor die Here.Uit al hulle moeilikhedered Hy hulle.

19. Die Hereis naby dié wat hartseer is.Hy help hullewat geestelik stukkend is.

20. Die regverdigekan baie rampe ervaar,maar uit elkeen van hullered die Here hom.

21. Want die Here beskermselfs elke been.Nie een van hullesal gebreek word nie.

Psalms 34