Psalms 34:11-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

11. Selfs jong leeus ly gebreken is honger,maar wie op die Here vertrou,kort niks wat goed is nie.

12. Kom, kinders, luister na my!Ek sal julle leerhoe om die Here te dien.

13. Wie is die menswat ’n lang lewe begeer,wat baie goeie dae begeer?

14. Hy moet sy tong weerhou van kwaaden sy lippe om leuens te vertel.

15. Vermy die kwaaden doen wat goed is.Soek vrede en streef dit na.

16. Die Here waakoor hulle wat reg doen;Hy luister na die geroep om hulp.

17. Maar die Here tree opteen hulle wat kwaad doenen verwyder die herinneringaan hulle op die aarde.

Psalms 34