Psalms 33:17-22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

17. Dis valse hoop dat’n oorlogsperd veiligheid verseker,en deur groot krag redding bring.

18. Maar die Here waakoor dié wat Hom dien,oor hulle wat hoopop sy troue liefde

19. om hulle te red van die dooden hulle in hongersnoodaan die lewe te hou.

20. Ons vertrou op die Hereom ons te red.Hy is ons hulp en beskerm onssoos ’n skild.

21. In Hom is ons harte verheug,want ons vertrouop sy heilige Naam.

22. Laat u troue liefde ons oordek,Here,want ons hoop op U alleen.

Psalms 33