Psalms 32:7-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

7. U is vir my ’n skuilplek.U beskerm my van teëspoed.U omring my met liederevan redding. Sela

8. Die Here sê:“Ek sal jou onderrigen die pad wys waarop jy moet gaan.Ek sal vir jou raad gee,my oog sal op jou wees.

9. Moenie redeloos weessoos ’n perd of muilwat met stang en toombeheer moet word nie.”

10. Baie leed tref die goddeloses,maar onfeilbare liefde omring húllewat op die Here vertrou.

11. Daarom, wees bly in die Hereen juig, regverdiges!Roep uit van vreugde,julle almal wat opreg is!

Psalms 32