Psalms 31:10-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

10. Here, wees my genadig,want ek is in nood.My trane verdof my oë.My siel en liggaam kwyn weg.

11. Ek sterf van verdriet;droefheid verkort my lewe.Ellende het my kragte uitgeput;ek kwyn weg van binne af.

12. Al my vyande het my geminag,my bure het my verag,vir vriende was ek ’n verskrikking.Op straat draai hulle weg van my.

13. Ek word vergeet asof ek dood is,soos ’n ding wat vergaan.

Psalms 31