Psalms 29:8-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

8. Die stem van die Herelaat die woestyn bewe.Die Herelaat die Kadeswoestyn bewe.

9. Die stem van die Herelaat die ooie lamen stroop die bosse kaal.In sy tempel sê almal: “Heerlikheid!”

10. Die Here regeer oor die watervloed.Die Here heers as koning vir altyd.

11. Die Here gee krag aan sy volk.Die Here seën sy volk met vrede.

Psalms 29