Psalms 26:6-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

6. Ek was my handeas teken van my onskulden verskyn voor u altaar, Here,

7. terwyl ek ’n danklied singen vertel van al u wonders.

8. Here, u woonplek het ek lief,die plek waar u heerlikheid woon.

9. Moenie my saam metsondaars wegvee nie.Moenie dat ek saam met moordenaars omkom nie.

10. Hulle hande is gevulmet bose planne,hulle regterhandevol omkoopgeld.

11. Maar ek lewein opregtheid;red my en wees my genadig.

12. My voete staan vas op gelyke grond.Daarom prys ek die Herein die vergadering.

Psalms 26