Psalms 26:4-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

4. Met leuenaars gaan ek nie om nie;met skynheiligesgaan ek nie saam nie.

5. Ek verag die byeenkoms van bose mense,en by die goddeloses sit ek nie.

6. Ek was my handeas teken van my onskulden verskyn voor u altaar, Here,

7. terwyl ek ’n danklied singen vertel van al u wonders.

8. Here, u woonplek het ek lief,die plek waar u heerlikheid woon.

Psalms 26