Psalms 21:7-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

7. U het hom bekroonmet seëninge vir altyd,en hom gegeedie blydskap van u nabyheid.

8. Want die koning vertrou op die Here.Die trou van die Allerhoogstesal hom van struikeling bewaar.

9. U hand sal al u vyande tref.U sterke hand sal al u haters vernietig.

10. U sal hulle vernietig soos in ’n oonddie oomblik wanneer U verskyn.Die Here sal hulle in sy toorn verslind,soos vuur sal Hy hulle verteer.

11. U sal hulle kindersvan die aarde af uitwis,hulle nageslaguit die mensheid verwyder.

12. Al sou hulle teen U in opstand kom,hulle bose planne sal nie slaag nie.

13. Want U sal hulle laat omdraai en vlugwanneer U pyle op hulle rig.

Psalms 21