Psalms 21:5-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

5. Lewe het hy van U gevra,en U het dit gegee –’n lang lewe wat steeds voortduur.

6. U oorwinning besorg hom groot eer;met glans en majesteithet U hom beklee.

7. U het hom bekroonmet seëninge vir altyd,en hom gegeedie blydskap van u nabyheid.

8. Want die koning vertrou op die Here.Die trou van die Allerhoogstesal hom van struikeling bewaar.

9. U hand sal al u vyande tref.U sterke hand sal al u haters vernietig.

10. U sal hulle vernietig soos in ’n oonddie oomblik wanneer U verskyn.Die Here sal hulle in sy toorn verslind,soos vuur sal Hy hulle verteer.

Psalms 21