Psalms 21:2-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. Die koning is bly oor u mag, Here,vol vreugde oor u verlossing.

3. U het hom sy hartsbegeerte gegee;niks wat hy gevra het,het U geweier nie. Sela

4. U gaan hom tegemoetmet seëninge van voorspoed.Op sy kop sit U ’n kroon van suiwer goud.

5. Lewe het hy van U gevra,en U het dit gegee –’n lang lewe wat steeds voortduur.

6. U oorwinning besorg hom groot eer;met glans en majesteithet U hom beklee.

Psalms 21