Psalms 18:42-46 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

42. Hulle roep om hulp,maar niemand kom help nie;selfs tot die Here,maar Hy antwoord hulle nie.

43. Ek maal hulle fyn soos die stof van die aarde,soos modder op straat vermorsel ek hulle.

44. In die stryd met teenstandershet U my verlos,my aangestel as koning oor nasies.’n Volk wat ek nie geken het nie,dien my nou.

45. Uitlanders word my onderdane.As hulle van my hoor,gehoorsaam hulle my.

46. Vreemdelinge word moedeloosen kom bewend uit hulle vestings.

Psalms 18