Psalms 18:40-44 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

40. U het my met krag toegerusvir die stryd,en my teenstanders aan my onderwerp.

41. My vyande het U voor my laat vlug;my haters het ek uitgewis.

42. Hulle roep om hulp,maar niemand kom help nie;selfs tot die Here,maar Hy antwoord hulle nie.

43. Ek maal hulle fyn soos die stof van die aarde,soos modder op straat vermorsel ek hulle.

44. In die stryd met teenstandershet U my verlos,my aangestel as koning oor nasies.’n Volk wat ek nie geken het nie,dien my nou.

Psalms 18