2. Hy het gesê:Ek het U baie lief, Here;U is my sterkte.
3. Die Here is my rots,my vesting en my redder,my God, en my rots by wie ek skuil.Hy is my skild, my magtige redder,my veilige vesting.
4. Ek het tot die Here geroep,Hy wat lofwaardig is,want Hy red my van my vyande.
5. Bande van die dood omring my;strome van onheil oorweldig my.
6. Bande van die dood draai my vas;strikke van die dood wag my in.
7. In my angs het ek tot die Here geroep,tot my God geroep om hulp.In sy heiligdom het Hy geluister;my hulpgeroep het Hy gehoor.
8. Toe het die aarde geskud en gebewe;die fondamente van die bergehet gerammel,hulle het geruk vanweë sy toorn.
9. Rook het uit sy neusgate geborrel,verterende vlamme uit sy mond,gloeiende kole uit sy binnekant.
10. Hy het die hemele oopgebreek en afgekom;donkerte was onder sy voete.
11. Hy het ’n gerub bestyg en gevlieg,Hy het gesweefop die vlerke van die wind.
12. Hy het Homself met donkerte omhul,reënwolke en wolkemassashet Hom bedek.
13. Uit die gloed voor Homhet wolke gekom,hael en weerligstrale.
14. Die Here se stem donder uit die hemel;die Allerhoogste laat sy stem hoor:hael en weerligstrale.
15. Hy skiet sy pyle, verstrooi sy vyande;sy weerlig flits, hulle is verbysterd.
16. Die bodem van die see word sigbaar,die fondamente van die aardeword ontblootdeur die gebulder van die Here,en die rukwind van sy asem.
17. Van bo af het Hy sy hand uitgestrek en my gegryp,uit diepwatershet Hy my getrek.
18. Hy verlos my van magtige vyande,van haters wat te sterk was vir my.