16. Die bodem van die see word sigbaar,die fondamente van die aardeword ontblootdeur die gebulder van die Here,en die rukwind van sy asem.
17. Van bo af het Hy sy hand uitgestrek en my gegryp,uit diepwatershet Hy my getrek.
18. Hy verlos my van magtige vyande,van haters wat te sterk was vir my.
19. Hulle het aangeval toe ek in die moeilikheid was,maar die Here hou my staande.
20. Hy lei my na veiligheid,en red my omdat Hy my liefhet.
21. Die Herebeloon my opregtheid;Hy vergoed my onskuld.
22. Want ek was getrouaan die voorskrifte van die Here;ek was nie skuldig teenoor my God nie.
23. Want sy voorskriftehet ek onderhou;en van sy bepalings nie afgewyk nie.
24. Ek is onskuldig voor Hom;ek het weggebly van sonde.
25. Die Herehet my opregtheid beloon,want ek was onskuldig voor Hom.
26. Vir die getroues is U getrou;vir die opregtes is U opreg.
27. Vir dié wat rein is, is U rein,vir dié wat vals is, is U vals.
28. U red hulle wat nederig is,maar die hoogmoediges verneder U.
29. U laat my lamp skyn, Here my God.U verlig my duisternis.
30. Met U loop ek ’n leër storm;met my God spring ek oor ’n muur.
31. God se pad is volmaak.Die Here se woorde is betroubaar.Hy beskerm dié wat by Hom skuil.