Psalms 147:8-20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

8. Hy oordek die hemel met wolke,Hy verskaf reën vir die aardeen laat gras groeiop die berghellings.

9. Hy voed die wilde diere,en die jong kraaie wat skree vir kos.

10. Die krag van ’n oorlogsperdbeïndruk Hom nie;met die ratsheid van ’n krygsmanneem Hy nie genoeë nie.

11. Die Here verheug Homin hulle wat Hom dien,in dié wat hulle hoop vestigop sy troue liefde.

12. Prys die Here, Jerusalem!Prys jou God, Sion!

13. Want die sluitbalke van jou poortehet Hy versterk,en jou kinders geseën.

14. Hy gee vrede oor jou grondgebied,versadig jou met die beste graan.

15. Hy stuur sy bevele na die aarde,sy woorde word vinnig versprei.

16. Hy stuur die sneeu, wit soos wol;Hy strooi ryp uit soos as,

17. laat haelstene val soos broodkrummels.Wie kan standhou teen sy koue?

18. Dan, op sy bevel, smelt alles weer.Hy laat sy winde waai,en die water loop.

19. Hy maak sy woord bekend aan Jakob,aan Israel sy voorskrifte en gebooie.

20. Vir geen ander nasiehet Hy dit gedoen nie;sy bepalings ken hulle nie.Prys die Here!

Psalms 147