Psalms 147:1-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Prys die Here!Want dis goed om ons God te prys.Dis ’n vreugdeen ’n genot om Hom te prys.

2. Die Here herbou Jerusalemen versamel bannelinge van Israel.

3. Hy genees die gebroke hart,en verbind hulle wonde.

4. Hy tel die sterreen noem hulle almal by die naam.

5. Groot en magtig is ons Here.Sy kennis ken geen grense nie.

6. Die Hereondersteun onderdruktes,maar goddelosesgooi Hy neer op die grond.

7. Sing ’n danklied aan die Here;sing lofliedere vir ons Godmet begeleiding van die harp.

8. Hy oordek die hemel met wolke,Hy verskaf reën vir die aardeen laat gras groeiop die berghellings.

Psalms 147