Psalms 145:6-10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

6. Mense sal praatvan u vreeswekkende dade;hulle sal van u grootheid vertel.

7. Hulle sal vertel van u onvergeetlike goedheid;en met vreugde sing van u regverdigheid.

8. Genadig en barmhartig is die Here,stadig om kwaad te word,en ryk in liefde.

9. Die Here is goed vir almal,en barmhartig oor sy hele skepping.

10. Alles wat U geskep het, loof U, Here,en u getroue dienaars prys U!

Psalms 145