Psalms 145:1-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Ek wil U prys, my God en my Koning,u Naam wil ek altyd loof.

2. Ek wil U elke dag loof,en u Naam vir altyd prys.

3. Die Here is groot!Hy is waardig om geprys te word.Sy grootheid is onmeetbaar.

4. Geslag na geslag sal u dade prysen van u magtige werke vertel.

5. Ek sal die glans en heerlikheidvan u majesteit verkondigen nadink oor u wonderdade.

6. Mense sal praatvan u vreeswekkende dade;hulle sal van u grootheid vertel.

7. Hulle sal vertel van u onvergeetlike goedheid;en met vreugde sing van u regverdigheid.

8. Genadig en barmhartig is die Here,stadig om kwaad te word,en ryk in liefde.

9. Die Here is goed vir almal,en barmhartig oor sy hele skepping.

10. Alles wat U geskep het, loof U, Here,en u getroue dienaars prys U!

11. Hulle vertel van die prag van u koninkryk;hulle maak u groot mag bekend.

12. Hulle sal aan almal vertel van u magtige dade,en van die glansryke majesteitvan u koninkryk.

13. Want u koninkrykis ’n koninkryk vir alle tye.U heers geslag na geslag.

14. Die Here help almal wat geval heten dié wat swaarkry, tel Hy op.

15. Die oë van almalis hoopvol op U gerig;U gee aan almal kos op die regte tyd.

Psalms 145