Psalms 143:5-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

5. Ek dink aan die dae, lank gelede.Ek peins oor al u dade,ek oordink die werke van u hande.

6. Ek strek my hande uit na U.Ek dors na U soos ’n verdorde land. Sela

7. Antwoord my tog gou, Here,want ek het moed verloor.Moenie U vir my verberg nie,anders word ek soos dié wat sterf.

8. Laat ek in die oggend hoorvan u onfeilbare liefde,want ek vertrou op U.Wys my die pad waarop ek moet loop,want tot U rig ek my gebed.

Psalms 143