1. Luister na my gebed, Here!Hoor tog my smeekgebede.Antwoord my, want U is getrouen regverdig.
2. Moenie ’n regsgedingteen u dienaar begin nie,want niemand wat lewe,is voor U onskuldig nie.
3. My vyand agtervolg my,vertrap my teen die grond,hy laat my in duisternis lewesoos dié wat lankal dood is.
4. Ek het moed verloor;ek is stomgeslaan.
5. Ek dink aan die dae, lank gelede.Ek peins oor al u dade,ek oordink die werke van u hande.
6. Ek strek my hande uit na U.Ek dors na U soos ’n verdorde land. Sela
7. Antwoord my tog gou, Here,want ek het moed verloor.Moenie U vir my verberg nie,anders word ek soos dié wat sterf.
8. Laat ek in die oggend hoorvan u onfeilbare liefde,want ek vertrou op U.Wys my die pad waarop ek moet loop,want tot U rig ek my gebed.