2. Red my van bose mense, Here,beskerm my van gewelddadiges
3. wat in hulle harte boosheid beplanen die hele dag vyandskap aanhits.
4. Hulle tonge is giftig soos ’n slang;hulle woorde venynig soos adders. Sela
5. Here, hou my uit die hande van goddeloses.Bewaar my van gewelddadige mensewat saamspan om my te laat val.
6. Trotsaards het vir my ’n strik gestel;’n net van toue het hulle gespan,en op die pad vir my wippe gestel. Sela
7. Ek het vir die Here gesê:U is my God!Luister tog, Here, na my gebed om genade!
8. Oppermagtige Here, my sterke redder,U bewaar myop die dag van die veldslag.
9. Here, moenie toegeeaan begeertes van bose mense nie.Moenie toelaat dat hulle plannesuksesvol is nie. Sela