Psalms 139:9-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

9. Vlieg ek met die daeraad na die ooste,of gaan woon ek in die verre weste,

10. selfs daar sal u hand my lei,en u regterhand my ondersteun.

11. Sou ek sê: “Mag duisternis my oorweldigen die lig nag word rondom my,”

12. dan is die nag vir U nie donker nie,maar is so helder soos dag,want duisternis is vir U soos lig.

13. U self het my diepste wese gemaak,my in die moederskoot gevorm.

14. Ek loof U omdat U myso besonder wonderlikgemaak het.U werke is wonderbaar,ek weet dit alte goed!

15. My bene was vir U sigbaartoe ek stilletjies gevorm isin die dieptes van die moederskoot.

Psalms 139