6. Dié kennis laat my in verwondering,dit is vir my te hoog om te begryp!
7. Waarheen sou ek kon gaanom u Gees te ontwyk?Of waarheen sou ek kon uitwykom u teenwoordigheid te ontvlug?
8. Gaan ek op na die hemel toe,is U daar;gaan lê ek in die doderyk,dan is U ook daar!
9. Vlieg ek met die daeraad na die ooste,of gaan woon ek in die verre weste,
10. selfs daar sal u hand my lei,en u regterhand my ondersteun.
11. Sou ek sê: “Mag duisternis my oorweldigen die lig nag word rondom my,”
12. dan is die nag vir U nie donker nie,maar is so helder soos dag,want duisternis is vir U soos lig.