13. U self het my diepste wese gemaak,my in die moederskoot gevorm.
14. Ek loof U omdat U myso besonder wonderlikgemaak het.U werke is wonderbaar,ek weet dit alte goed!
15. My bene was vir U sigbaartoe ek stilletjies gevorm isin die dieptes van die moederskoot.
16. U het my gesien voor ek gebore is.In u boek is alles opgeteken;elke dag is bepaalvoordat een van hulle daar was.
17. Kosbaar is u gedagtes vir my,o God!Hoe onmeetlik is die totaal!
18. As ek dit sou moes tel,sou hulle meer wees as sandkorrels!Wanneer ek daarmee klaar is,sal ek nog steeds by U wees.
19. As U net die goddeloses sal uitroei, o God!Gaan weg van my, julle moordenaars!