Psalms 136:7-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

7. Hy het die groot ligte gemaak,Aan sy liefde is geen einde nie.

8. die son om te heers oor die dag,Aan sy liefde is geen einde nie.

9. die maan en die sterreom te heers oor die nag.Aan sy liefde is geen einde nie.

10. Die eerstelinge van Egiptehet Hy getrefAan sy liefde is geen einde nie.

11. en Israel onder hulle uitgeleiAan sy liefde is geen einde nie.

12. met ’n sterk hand en uitgestrekte arm.Aan sy liefde is geen einde nie.

13. Hy het die Rietsee oopgekloofAan sy liefde is geen einde nie.

14. en Israel veilig laat deurtrek,Aan sy liefde is geen einde nie.

15. maar Farao en sy leërin die Rietsee gegooi.Aan sy liefde is geen einde nie.

16. Hy het sy volk deur die woestyn gelei.Aan sy liefde is geen einde nie.

17. Hy het magtige konings uitgeroei,Aan sy liefde is geen einde nie.

18. en magtige konings doodgemaak:Aan sy liefde is geen einde nie.

Psalms 136