Psalms 136:1-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Prys die Here, want Hy is goed!Aan sy liefde is geen einde nie.

2. Prys die God van die gode.Aan sy liefde is geen einde nie.

3. Prys die Heer van die here.Aan sy liefde is geen einde nie.

4. Hy wat alleen magtige dade doen.Aan sy liefde is geen einde nie.

5. Hy wat die hemelemet insig gemaak het.Aan sy liefde is geen einde nie.

6. Hy wat die aarde oor die waters uitgesprei het.Aan sy liefde is geen einde nie.

7. Hy het die groot ligte gemaak,Aan sy liefde is geen einde nie.

8. die son om te heers oor die dag,Aan sy liefde is geen einde nie.

9. die maan en die sterreom te heers oor die nag.Aan sy liefde is geen einde nie.

10. Die eerstelinge van Egiptehet Hy getrefAan sy liefde is geen einde nie.

11. en Israel onder hulle uitgeleiAan sy liefde is geen einde nie.

Psalms 136