9. Oor Egiptehet Hy wonders en tekens gestuur,oor die farao en al sy mense.
10. Hy het groot nasies verslaanen magtige koningsdoodgemaak:
11. Sihon, koning van die Amoriete,Og, koning van Basan,en al die koninkryke van Kanaän.
12. Hulle landhet Hy as erfdeel aan Israel gegee,as erfdeel vir sy volk Israel.
13. U Naam, Here, duur vir altyd;U word onthou, Here,van geslag tot geslag.
14. Die Here sal reg verskafaan sy volken Hom ontferm oor sy dienaars.
15. Die afgode van die nasiesis voorwerpe van silwer en goud,die werk van mensehande.
16. Hulle het monde,maar is stom.Hulle het oë, maar kan nie sien nie.
17. Hulle het ore, maar kan nie hoor nie,in hulle monde is geen asem nie.