Psalms 135:10-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

10. Hy het groot nasies verslaanen magtige koningsdoodgemaak:

11. Sihon, koning van die Amoriete,Og, koning van Basan,en al die koninkryke van Kanaän.

12. Hulle landhet Hy as erfdeel aan Israel gegee,as erfdeel vir sy volk Israel.

13. U Naam, Here, duur vir altyd;U word onthou, Here,van geslag tot geslag.

14. Die Here sal reg verskafaan sy volken Hom ontferm oor sy dienaars.

15. Die afgode van die nasiesis voorwerpe van silwer en goud,die werk van mensehande.

Psalms 135