Psalms 135:1-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Prys die Here!Prys die Naam van die Here!Prys Hom, dienaars van die Here,

2. julle wat diens doenin die Here se huis,in die voorhowevan die huis van ons God.

3. Prys die Here, want die Here is goed;sing tot eer van sy heerlike Naam.

4. Die Here het Jakob vir Hom gekies,vir Israel as sy besondere besitting.

5. Ek weet die Here is groot,ons Here is groter as alle gode.

Psalms 135