Psalms 135:1-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Prys die Here!Prys die Naam van die Here!Prys Hom, dienaars van die Here,

2. julle wat diens doenin die Here se huis,in die voorhowevan die huis van ons God.

3. Prys die Here, want die Here is goed;sing tot eer van sy heerlike Naam.

4. Die Here het Jakob vir Hom gekies,vir Israel as sy besondere besitting.

5. Ek weet die Here is groot,ons Here is groter as alle gode.

6. Die Here doen wat Hy wil,in die hemel en op die aarde,op die see en in die diepste oseane.

7. Hy laat wolke oor die aarde saampak.Hy maak weerlig vir die reënen bring die wind uit sy stoorkamers.

8. Egipte se eerstelinge het Hy getref,mense sowel as diere.

9. Oor Egiptehet Hy wonders en tekens gestuur,oor die farao en al sy mense.

10. Hy het groot nasies verslaanen magtige koningsdoodgemaak:

11. Sihon, koning van die Amoriete,Og, koning van Basan,en al die koninkryke van Kanaän.

12. Hulle landhet Hy as erfdeel aan Israel gegee,as erfdeel vir sy volk Israel.

13. U Naam, Here, duur vir altyd;U word onthou, Here,van geslag tot geslag.

Psalms 135