Psalms 13:2-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. Hoe lank sal U my bly vergeet, Here?Vir altyd?Hoe lank nog sal U anderpad kyk?

3. Hoe lank moet ek alleen planne maak,elke dag deurbringmet droefheid in my hart?Hoe lank sal my vyand die oorhand hê?

4. Kyk tog en antwoord my,Here my God!Verlig tog weer my oëdat ek nie die doodslaap ingaan nie,

5. anders sê my vyand:“Ek het hom oorwin!”en is my teenstander bly oor my ondergang.

Psalms 13